Matrikulant Kompetisie. Zelmi Marx, ’n onderhoofmeisie van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, is op die Matrikulant van die Jaar-kompetisie deur haar mede-finaliste as die vonkelpersoonlikheid aangewys. Die finale beoordeling en aankondiging van die wenner het vroeër vandeesweek plaasgevind.
Zelmi en haar skoolmaat Carmi van Niekerk was twee van die 14 finaliste. Die finaliste van 2019 het as chaperones by die eindronde opgetree. Die vier Oranje-finaliste in 2019 was die meeste deur ’n enkele skool in die 40 jaar van die kompetisie. Hulle is Deanri Snyman (2019 finalis), Mandie de Wet (2019 finalis), Monique Davidson (2019 finalis) en Mia Moolman (2019 finalis).
Monique, Mandie, Mia en Deanri studeer almal tans medies aan die Universiteit van die Vrystaat.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Oranje: