Netbal – Vyf netbalspanne van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein het geskitter in netbal. Hulle het tydens die Maart-April skoolvakansie gaan deelneem aan die AHMP-toernooi in Pretoria.
JF se netbalmeisies het teruggekom met waardevolle ervaring en kennis. Die prestasies van dié spanne spreek vanself:
- Die o/17-span kom algeheel 2de in die toernooi.
- o/16-span kom algeheel 3de in die toernooi.
- Elri Pieters (o /15) word aangewys as doel van die toernooi.
Baie geluk aan die netbalspanne wat JF se naam hoog gehou het!!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf