St. Mary Hokkietoernooi. Die Hoër Meisieskool Oranje se eerste hokkiespan het Sondag, 10 April, die St. Mary-hokkietoernooi vir ’n 6de keer uit die laaste 7 toernooie gewen. Die meeste van die land se voorste eerste spanne was by die toernooi in Waverley, Johannesburg, in aksie.
Oranje het Waterkloof in die eindstryd met 3-0 getroef. Die Bloemfonteinse meisies was onoorwonne in 12 wedstryde en het net in een kragmeting (teen Herschel Girls’ High) ‘n doel afgestaan.
Germarie Spershott van hoër Meisieskool Oranje was een van vier benoemdes vir die Speler van die Toernooi.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf