Nelspruit Hoƫrskool se senior-debatspan het die naweek aan die finale nasionale rondte van Afriforum se Dink of Sink onvoorbereide debatskompetisie deelgeneem en algeheel eerste geƫindig. Die span, Gerhard van der Merwe, Josua Matthee en Wehan Viljoen het in die finaal teen DF Malan te staan gekom. Dit kom nadat hulle die noordelike streeksronde van die kompetisie gewen het. Adv. Gerrie Nel van Afriforum se vervolgingseenheid was een van die beoordeelaars. Baie geluk aan hierdie drie gr.11-seuns! #nellietrots