Baie geluk aan Theo van der Westhuizen (gr.11) van Hoƫrskool Nelspruit wat onlangs as president van die Nelson Mandela-kinderparlement aangewys is!
Hoe word mens die president?
Elke provinsie het verskeie forums waarin die jeug betrokke kan raak. Hierdie forums word deur die regering daargestel en bestuur om kinders van Suid-Afrika by besluitneming wat die land se toekoms beĆÆnvloed te betrek.
Voorbeelde van sulke forums in Mpumalanga sluit die junior stadsraad, GBEM en die jeug NOP in. 15 afgevaardigdes word dan uit hierdie forums verkies om die provinsie se jeug by die jaarlikse Nelson Mandela Kinderparlement te verteenwoordig.
Die provinsies word op die dag van die parlement eweredig opgedeel en in agt kommissies versprei. Elke kommissie het ‘n bepaalde kwessie om te bespreek. Theo se kommissie het regeringskoƶrdinasie en grondwetlike strukture, spesifiek van toepassing op die kinders van SA, ondersoek en bespreek.
Die afgevaardigdes van al nege provinsies het die dag voor die parlementĆŖre sitting ‘n speaker, adjunk-speaker, president en ‘sergeant-at-arms’ demokraties verkies. Uit ongeveer 130 afgevaardigdes is drie uit die vier posisies deur kinders van Mpumalanga gevul.
Tydens die parlementĆŖre sitting het Theo sy rol as president vervul deur die agt kommissies se terugvoer te ondersteun en af te sluit met ‘n presidentstoespraak. Hy het ook die offisiĆ«le verklaring, wat die veranderinge wat die jeug in SA wil sien insluit, aan die parlement voorgelees en dit saam met die speaker namens die 18,6 miljoen kinders van SA onderteken.