Vier van Roodies se spanne het deurgegaan na die Radikale Redenaars nasionale finaal. Die graad 10 Engelse span het 2de in SA ge-eindig, so ook die graad 11 Afrikaanse span.
Die graad 10 Afrikaans en graad 11 Engelse spanne het Nasionaal 1ste geëindig! In die eerste rondte het ons by Hoërskool Noordheuwel deelgeneem. Die provinsiale rondte was in Pretoria.
Die finaal het op die 14de Oktober 2017 by Hoërskool Garsfontein plaasgevind.
Op die foto heel bo: Graad 11 Engelse Groep
Van links na regs, agter na voor.
Juffrou Cecilia Hartzenberg, Juffrou Sandrie van Graan
Keemetswe Sebogodi, Lesego Majola, Chandre Arendze, Kay-Leigh Bronn
Foto links: Graad 10 Afrikaanse Groep
Van links na regs, agter na voor.
Jared Swanzen, Leon Vierra,
Juffrou Petro Janse van Rensburg.
Siya Mokwena, Simone Spangenberg.