)

Nellies kraai koning by Groot 5-tennistoernooi

Hoërskool Nelspruit het die afgelope naweek die jaarlikse Groot 5-tennistoernooi aangebied. Die nege deelnemende skole was Hoërskool Nelspruit, Wilgerivier, Waterkloof, Ermelo, Affies, Garsfontein, HTS Middelburg, Monument en Boland Landbou.

Al die deelnemende tennisspelers het deur die loop van die naweek teen gedugte teenstanders te staan gekom en het die wedstryde in ‘n baie goeie gees plaasgevind. Die Nellie-dogters het 36 wedstryde gespeel in die toernooi en verloor slegs 2 enkels en 2 dubbels.

In die uitspeelwedstryd moes hulle kragte meet teen die verdedigende kampioene Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. Die Nellies wen oortuigend met 12 stelle.

Aan NHS se seuns word erkenning gegee vir hul sportmanskap en eindig algeheel in die derde plek. Japie Lubbe (kaptein) word as die seun met die beste sportmanskap in die toernooi gekies.

Foto: Voor vlnr: Christelle Koekemoer (spanbestuurder), Lize Oosthuizen, Danica Gründlingh, Arili Boshoff, Tammy Fourie en Petrus Koekemoer (Afrigter)

Agter vlnr: Ilse Coetser, Monja Coetser, Lize van Biljon en Michelle Boshoff

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal