Hoƫrskool Nelspruit het die afgelope naweek die jaarlikse Groot 5-tennistoernooi aangebied. Die nege deelnemende skole was Hoƫrskool Nelspruit, Wilgerivier, Waterkloof, Ermelo, Affies, Garsfontein, HTS Middelburg, Monument en Boland Landbou.
Al die deelnemende tennisspelers het deur die loop van die naweek teen gedugte teenstanders te staan gekom en het die wedstryde in ān baie goeie gees plaasgevind. Die Nellie-dogters het 36 wedstryde gespeel in die toernooi en verloor slegs 2 enkels en 2 dubbels.
In die uitspeelwedstryd moes hulle kragte meet teen die verdedigende kampioene Afrikaanse Hoƫr Meisieskool Pretoria. Die Nellies wen oortuigend met 12 stelle.
Aan NHS se seuns word erkenning gegee vir hul sportmanskap en eindig algeheel in die derde plek. Japie Lubbe (kaptein) word as die seun met die beste sportmanskap in die toernooi gekies.
Foto: Voor vlnr: Christelle Koekemoer (spanbestuurder), Lize Oosthuizen, Danica GrĆ¼ndlingh, Arili Boshoff, Tammy Fourie en Petrus Koekemoer (Afrigter)
Agter vlnr: Ilse Coetser, Monja Coetser, Lize van Biljon en Michelle Boshoff