Laerskool Nelspruit se 0/12A en 0/13A Netbalspanne het Vrydag en Saterdag, 31 Mei – 1 Junie in Witrivier Nellies en Laeveld se naam hoog gehou by die MSN – Mpumalanga Kampioenskappe.
Die 0/12’s het Laerskool Lydenburg in die finaal gewen terwyl die 0/13’s vir Laerskool Middelburg in die finaal geklop het. Laerskool Nelspruit se 0/11 Netbalspan het net so pragtig presteer en algeheel 5de geëindig.
Foto bo: o/12’s: Vlnr: Juffrou Monique Orton, Emma Snyman, Ninke Mostert, Danielle Grobler, Amy Meyer, Esti Spruyt, Katinka de Ruiter, Megan Botha, Marece Fourie en Juffrou Riana Davel