Die rugby- en hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 1 Junie, aan die laaste ligawedstryde vir die seisoen gespeel.
Die Liggies en Hoërskool Piet Retief het mekaar die stryd aangesê op Piet Retief se velde. Beide skole het vir goeie sportmangees gesorg en die Liggies het pragtige uitslae behaal.
Die rugbyspanne het die volgende uitslae behaal:
• Die Calstar Group Eerstespan het prag-rugby gespeel en spog met ‘n skitterende oorwinning van 36-14.
• o/14A wen 38-5,
• o/14B wen 44-0,
• die Nashua Highveld o/15A’s verloor met 21-24,
• o/15B wen 24-0,
• die Computer Connection o/16A’s wen met 47-17,
• o/16B wen 19-0, die tweedespan verloor met 0-19 en
• die derdespan verloor met 7-24.
Al nege rugbyspanne van Ligbron dring deur na die uitspele waartydens al die B-spanne in die finaal sal speel, en al die A-spanne in die Semifinale.
Die uitspele vind eerskomende Saterdag, 8 Junie, op Ligbron se tuisveld plaas. Wedstryde sal om 08:00 begin en die hoofwedstryd vir die dag sal Ligbron en Hoërskool Ermelo se eerstespan wedstryd wees, wat op 13:10 sal afskop.
Die Ligbron hokkiespanne het ook vir goeie sportmangees gesorg met strawwe kompetisie teen Hoërskool Piet Retief.
• Die o/14’s verloor hulle wedstryd met 0-2, o/15’s speel gelykop 1 elk,
• o/16’s wen 1-0,
• die tweedespan wen 2-0 en
• die eerstespan wen hulle wedstryd met 2-1.
Die tweedespan se uitspele sal eerskomende Saterdag, 8 Junie in Volksrust plaasvind, terwyl die res van die hokkiespanne se uitspele eers vanaf 13 Julie sal begin.
Baie sterkte aan al die spanne wat eerskomende Saterdag aan uitspele deelneem.