)

Ligbron seuns hokkiespanne na Mpumalanga Uitspele

Die eerste- en o/14 seunshokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het die afgelope naweek, Saterdag, 1 Junie, aan die eerste rondte van die Mpumalanga uitspele deelgeneem. Die o/14’s se wedstryde het op Ligbron se Astrobaan plaasgevind en die eerstespan se wedstryde het by The Hockey Farm in Witbank plaasgevind.

Die o/14’s het hulle eerste wedstryd teen Witbank Combined met 1-0 gewen en hulle tweede wedstryd met 2-0 gewen teen Hoërskool Rob Ferreira. Hulle sal eerskomende Saterdag, 8 Junie, teen Penryn College en HTS Middelburg te staan kom in die tweede rondte van die uitspele wat by Curro Nelspruit sal plaasvind.

Die eerstespan het hulle wedstryd teen Hoërskool Middelburg met 0-5 verloor en hulle wedstryd teen Hoërskool Secunda met 0-2 verloor. Die eerstespan sal eerskomende Saterdag, 8 Junie, by Hoërskool Nelspruit teen Hoërskool Rob Ferreira en Highveld Park te staan kom in die tweede rondte van die Mpumalanga Uitspele.

Baie sterkte aan beide spanne met julle wedstryde.

Foto bo: Xander Labuschagne (o/14)

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal