Die eerste- en o/14 seunshokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het die afgelope naweek, Saterdag, 1 Junie, aan die eerste rondte van die Mpumalanga uitspele deelgeneem. Die o/14’s se wedstryde het op Ligbron se Astrobaan plaasgevind en die eerstespan se wedstryde het by The Hockey Farm in Witbank plaasgevind.
Die o/14’s het hulle eerste wedstryd teen Witbank Combined met 1-0 gewen en hulle tweede wedstryd met 2-0 gewen teen Hoërskool Rob Ferreira. Hulle sal eerskomende Saterdag, 8 Junie, teen Penryn College en HTS Middelburg te staan kom in die tweede rondte van die uitspele wat by Curro Nelspruit sal plaasvind.
Die eerstespan het hulle wedstryd teen Hoërskool Middelburg met 0-5 verloor en hulle wedstryd teen Hoërskool Secunda met 0-2 verloor. Die eerstespan sal eerskomende Saterdag, 8 Junie, by Hoërskool Nelspruit teen Hoërskool Rob Ferreira en Highveld Park te staan kom in die tweede rondte van die Mpumalanga Uitspele.
Baie sterkte aan beide spanne met julle wedstryde.
Foto bo: Xander Labuschagne (o/14)