Hoƫrskool Nelspruit is die Noordstreekwenners van Afriforum se Dink of Sink onvoorbereide debat 2018! Gerhard van der Merwe, Wehan Viljoen en Josua Matthee het die naweek hul 2017 Dink of Sink-titel in Centurion gaan verdedig in die nasionale rondte van die kompetisie.
Die Nellie-trio het hierdie jaar die finaal net-net gemis. Van die onderwerpe het ingesluit āom te boikot is sinvolle vorm van burgerlike protesā en āSuid-Afrika moet ān nuwe inheemse taal skep vir eie gebruikā.
Baie geluk aan hierdie streekswenners!