Nedbank JP Botha atletiekbyeenkoms: Atlete van Hoërskool Witteberg in Bethlehem het uitstekend presteer by die Nedbank JP Botha atletiekbyeenkoms. Carla Brits, Andrea Steynberg en Leozé Lottering het almal rekords verbeter. As in ag geneem word is Carla Brits eintlik o/12, maar het in die o/14 oudersdomsgroep deelgeneem. Sy verbeter die dogters o/14 – 1500m rekord met ‘n tyd van 04:56.32 minute. Andrea Steynberg verbeter die dogters o/15 – 800m rekord met ‘n tyd van 02:16.66 minute.
Leozé Lottering het die spiesgooi vir dogters o/14 se rekord verbeter met haar persoonlike beste afstand van 47,6m.
Witteberg eindig ook algeheel 5de uit die 44 skole wat deelgeneem het op die dag.
Witteberg behaal 10 goue, 6 silwer- en 4 bronsmedaljes met ‘n totaal van 20 medaljes.
Baie geluk!!
Wittes is baie trots op julle!!
Meer oor Hoërskool Witteberg:
https://www.witteberghs.co.za/
Foto’s verskaf