)

Gholfdag – Hoër Jongenskool Paarl Blue Day gholfdag

Gholfdag. Hoër Jongenskool Paarl se BLUE DAY-gholfdag het op 11 November te Boschenmeer-gholfklub plaasgevind. Hierdie jaarlikse uitblink-geleentheid word nie sommer deur ons ouers en oudleerders gemis nie en al 36 vierballe is vroeg reeds uitverkoop.

Die dag is gekenmerk deur die passievolle betrokkenheid van die ongelooflike borge wat bygedra het tot fantastiese pryse, veilings-items, teenwoordigheid op die gholfbaan en saamkuier by die funksie na afloop van die gholf. Gaskunstenaar, Wikus van der Merwe, het nie net saam gholf gespeel en die veiling hanteer nie, maar ook die gaste vermaak met ʼn paar stories en ʼn liedjie of twee. 

Die wenners van ons 2021 BLUE DAY-gholfdag was die vierbal van Reuben Riffle, Micheal van Niekerk, Cheslin Grobbelaar en Stefan van Rooyen met 116 punte. In die tweede plek was John Grundling, Sean Grundling, Louw Schabort en Pieter Malan. In die derde plek was Christo van Wyk, Chris Jordaan, Colyn Donaggi en Stanley Kruth.

Tweede plek wenners
Derde plek wenners

Foto’s verskaf

Lees meer oor HJS:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.paarlboyshigh.org.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal