National Eisteddfod Academy. Prestasie van formaat!
Die jaarlikse prysuitdeling van die National Eisteddfod Academy (NEA) het op 28 Oktober in die Roodepoort Teater plaasgevind – ’n geleentheid wat uitblinkers in die uitvoerende kunste landwyd vereer.
Hoërskool Linden is uiters trots op Hildegard Schraader (Graad 10), wat bekroon is as die wenner van die beste algehele prestasie vir hoërskoolleerders in 2025. Hierdie toekenning is ’n bewys van haar uitsonderlike talent, harde werk en toewyding.
🌟 Baie geluk, Hildegard! Jy is ’n inspirasie vir ons almal.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor











