National All Girls’ Festival. Hoër Meisieskool Oranje se o.19B span kry brons ná groot ommeswaai. Hoër Meisieskool Oranje se tweede netbalspan het vanoggend die bronsmedalje op die National All Girls’ Festival gewen en in die proses ‘n saak reggestel.
Hulle het in die uitspeel om die 3de plek vir Parktown High met 25-23 geklop! Dit was ’n fantastiese ommekeer nadat hul Vrydag teen dieselfde teenstander met sewe doele verloor het. OMS was by die toernooi deur die 2de span verteenwoordig aangesien die 1stes by die Wildeklawer-toernooi is.
Oranje se o.19A’s was die vorige 2 keer wat die toernooi gehou was (in 2018 en 2019) die kampioen.
National All Girls’ Festival. Oranje Girls High School’s under-19B team gets bronze after big turnaround. Oranje Girls High School’s second netball team won the bronze medal at the National All Girls’ Festival this morning, also resolving a case in the process.
They beat Parktown High 25-23 in the playoffs for 3rd place! It was also a fantastic turnaround after losing to the same opponent by seven goals on Friday. OMS was represented at the tournament by the 2nd team as the 1st is at the Wild Clover Tournament.
Oranje’s under-19As were also the champions the previous two times the tournament was held (in 2018 and 2019).
OMS se volledige uitslae:
- Wen 28-11 vs Pietermaritzburg Girls’ o.19A
- Wen 29-18 vs La Rochelle o.19B
- Verloor 19-26 vs Parktown o.19A
- Wen 37-13 vs Danville o.19A
- Wen 32-28 vs Clarendon o.19A
- Wen 28-22 vs Paarl Girls’ o.19B (kwarteind)
- Verloor 24-32 vs Hoërskool Jim Fouché o.19A (halfeind)
- Wen 25-23 vs Parktown o.19A (3de plek uitspeel)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf