Nasionale Junior tenniskampioenskap. Die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, het vir die tweede agtereenvolgende jaar ’n nommer een tennisspeler in Suid-Afrika. Liné Greyling, 17-jarige matriekleerder, het Maandag, 4 April, in Bloemfontein tydens die Nasionale Junior Tenniskampioenskap die o.18-enkelspeltitel verower.
Liné het Nadia Gouws, van Sentraal-Gauteng, met 7-5 en 6-2 geklop. Donna le Roux, verlede jaar se Suid-Afrikaanse o.14-kampioen, is die o.16-naaswenner.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za