Nasionale Jeug Musiekkompetisie. Danielle Cernonio, ‘n gr.12 vakmusiekleerder van Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, dring deur na die semi-finale rondte van die Nasionale Jeug Musiekkompetisie in Kaapstad. Van die sewe-en-twintig finaliste, het slegs twaalf na die semi-finale deurgedring. Die standaard was ongelooflik hoog en daarom is dit ‘n besonderse prestasie.
Danielle was ook vanjaar aangewys as die wenner van die Trinity-prys vir beste houtblaser (klarinet en saksofoon) by die St. Michael’s Kunswedstyd.
DieTralies is trots op jou, Danielle.
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za