Afrika-Streek 5 Jeugspele. Triomf vir een, gemengde gevoelens vir ’n ander en bittere teleurstelling vir ander twee. Dit is basies hoe die ervaringe van Oranje se vier lede in die Suid-Afrikaanse na Afrika se Streek 5-Jeugspele in Lesotho opgesom kan word.
Daar was vreugde vir Karla Victor, wat as ’n lid van die SA-netbalspan as kampioen gekroon is. Suid-Afrika was onoorwonne en het Malawi in die eindstryd met 33-26 gewen. Die 16-jarige Karla was die jongste lid van die o.20-span.
Liné Greyling, soos Karla die jongste lid in haar sportsoort (tennis), en haar spanmaat het hul dubbelspel gewen. Liné het tot die eindstryd van die enkelspel deurgedring. Maar toe besluit Suid-Afrika om van verdere deelname aan die Spele te onttrek weens Covid-19 gevalle in sy geledere. Liné nie haar eindstryd speel nie. Sy moes sy met ’n silwer medalje tevrede wees.
Nog voordat Germarie Spershott (400 m-hekkies) en Johani van Tonder (driesprong) met hulle atletiekdeelname kon begin, is die besluit geneem om huiswaarts te keer.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za