Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskappe. Atlete van die Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein, het die naweek puik gevaar op die Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskappe in Germiston. Oranje het een goue-, drie silwer- en sewe bronsmedaljes verower. Verder het hulle 12 top-5 plekke in individuele items ingepalm.
Charné Wansbury het vier medaljes verower. Sy was derde in die 200 m (meisies o.17) en het saam met drie aflosspanne op die podium beland.
Germarie Spershott was derde in die 400 m-hekkies (o.17) en was in twee aflosspanne wat medaljes behaal het.
Johani van Tonder is die nasionale o.19-kampioen in die driesprong, danksy ’n reuse-sprong van 12,35 m.
Roline Louw, Nécke Verster en Rumé Burger het ook almal ’n medalje vermaf as lede van Vrystaat-aflosspanne.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf