)

Nasionale Hoërskole Atletiekkampioenskap – OMS-Atletiek ontplof

Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskap. Atlete van Hoër Meisieskool Oranje het vandeesweek iets baie besonders op die Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskap in Germiston vermag – 2 goud, 5 silwer en 2 brons.

Hulle het ook nog 5 medaljes in die aflosse behaal. Én dit is nie al nie. Ook nog ’n spul top 10 plekke in die eindrondtes. Met hierdie prestasies is dit die beste wat OMS-atlete al ooit op die SA’s presteer het. Dit was ook die meeste atlete (19) wat Oranje nóg in die Vrystaatspan gehad het. Daarby was Oranje die laaste 3 keer op die Vrystaat-kampioenskap (2023, 2022 en 2020) die naasbeste skool in die provinsie (onder enkel- en dubbelgeslag skole).

Oranje het vanjaar die Sentraal-byeenkoms gewen en was derde by Tuks se Top 10-byeenkoms.

Só het Oranje-atlete op die SA’s gevaar:

Individueel:

  • Charné Wansbury (o.19) 200m – goud
  • Danyelle Pienaar (o.15) 300m-hekkies – goud
  • Roline Louw (o.19) 100m-hekkies – silwer
  • Charné Wansbury (o.19) 100m – silwer
  • Rumé Burger (o.15) 200m – silwer
  • Danyelle Pienaar (o.15) 90m-hekkies – silwer
  • Annelize van der Merwe (o.15) hoogspring – silwer
  • Nadia Vorster (o.19) hoogspring – brons
  • Roline Louw (o.19) verspring – brons

Aflosse:

  • Charné Wansbury (o.19) 4x400m – goud
  • Nécke Verster (o.17) medley-aflos – silwer
  • Charné Wansbury (o.19) 4x100m – brons
  • Rumé Burger (o.15) 4x100m – brons
  • Danyelle Pienaar (o.15) 4x100m – brons

Eindrondtes:

  • Zelmarie Smook (o.17) 100 m-hekkies – 4de
  • Diné le Roux (o.17) 100m-hekkies – 5de en 400m-hekkies – 6de
  • Rumé Burger (o.15) 100m – 5de
  • Elizabeth Fick (o.15) 100m – 6de
  • Annari Blignaut (o.15) 1 500m – 5de en 800m 7de
  • Cara Smith (o.17) 100m-hekkies – 7de; verspring – 9de en hoogspring – 10de
  • Nécke Verster (o.17) 400m – 7de
  • Carlé Stockenström (o.17) 800m – 10de
  • Roné Strydom (o.15) verspring – 12de
  • Marianne Louw (o.17) driesprong – 13de
  • Adrie van Tonder (o.15) diskus – 13de en gewigstoot – 16de
  • Elsje Coetsee (o.15) gewigstoot – 14de

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal