Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskap. Atlete van Hoër Meisieskool Oranje het vandeesweek iets baie besonders op die Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskap in Germiston vermag – 2 goud, 5 silwer en 2 brons.
Hulle het ook nog 5 medaljes in die aflosse behaal. Én dit is nie al nie. Ook nog ’n spul top 10 plekke in die eindrondtes. Met hierdie prestasies is dit die beste wat OMS-atlete al ooit op die SA’s presteer het. Dit was ook die meeste atlete (19) wat Oranje nóg in die Vrystaatspan gehad het. Daarby was Oranje die laaste 3 keer op die Vrystaat-kampioenskap (2023, 2022 en 2020) die naasbeste skool in die provinsie (onder enkel- en dubbelgeslag skole).
Oranje het vanjaar die Sentraal-byeenkoms gewen en was derde by Tuks se Top 10-byeenkoms.
Só het Oranje-atlete op die SA’s gevaar:
Individueel:
- Charné Wansbury (o.19) 200m – goud
- Danyelle Pienaar (o.15) 300m-hekkies – goud
- Roline Louw (o.19) 100m-hekkies – silwer
- Charné Wansbury (o.19) 100m – silwer
- Rumé Burger (o.15) 200m – silwer
- Danyelle Pienaar (o.15) 90m-hekkies – silwer
- Annelize van der Merwe (o.15) hoogspring – silwer
- Nadia Vorster (o.19) hoogspring – brons
- Roline Louw (o.19) verspring – brons
Aflosse:
- Charné Wansbury (o.19) 4x400m – goud
- Nécke Verster (o.17) medley-aflos – silwer
- Charné Wansbury (o.19) 4x100m – brons
- Rumé Burger (o.15) 4x100m – brons
- Danyelle Pienaar (o.15) 4x100m – brons
Eindrondtes:
- Zelmarie Smook (o.17) 100 m-hekkies – 4de
- Diné le Roux (o.17) 100m-hekkies – 5de en 400m-hekkies – 6de
- Rumé Burger (o.15) 100m – 5de
- Elizabeth Fick (o.15) 100m – 6de
- Annari Blignaut (o.15) 1 500m – 5de en 800m 7de
- Cara Smith (o.17) 100m-hekkies – 7de; verspring – 9de en hoogspring – 10de
- Nécke Verster (o.17) 400m – 7de
- Carlé Stockenström (o.17) 800m – 10de
- Roné Strydom (o.15) verspring – 12de
- Marianne Louw (o.17) driesprong – 13de
- Adrie van Tonder (o.15) diskus – 13de en gewigstoot – 16de
- Elsje Coetsee (o.15) gewigstoot – 14de
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf