Nasionale Gimnastiekkampioenskappe. Hoërskool Jim Fouché blink uit in Gimnastiek.
Hayleigh Parker en Ansje Bekker, twee talentvolle leerders van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, het onlangs hul Vrystaat-kleure verwerf vir deelname aan die Nasionale Gimnastiekkampioenskappe wat van 6 tot 9 Oktober in Gauteng plaasgevind het.
Beide gimnaste het uitstekende prestasies gelewer tydens die kampioenskappe:
- Hayleigh Parker het ’n indrukwekkende 5de plek op die balk behaal.
- Ansje Bekker het haar vaardighede ten toon gestel met die volgende uitslae:
- Brug – 18de plek
- Balk – 18de plek
- Vloer – 13de plek
Die skool is trots op hul toewyding en prestasie op nasionale vlak. Welgedaan, Hayleigh en Ansje!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








