Nasionale Atletiekkampioenskap. Cara Smith, Graad 12 leerder van Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein, het ‘n silwer medalje ontvang tydens die Nasionale Atletiekkampioenskap. Cara het so tussendeur die Paarl-interskole ook ’n silwer medalje by die senior nasionale atletiekkampioenskap in Pietermarizburg behaal.
Sy het die 2de plek behaal in heptathlon (sewekamp) se o.20-afdeling. Roline Louw, 2023 matrikulant van Oranje, het, soos verlede jaar, die 1ste plek ingepalm! Sewekamp bestaan uit 100 m-hekkies, hoogspring, gewigstoot, 200m, verspring, spiesgooi en 800m. Dit word oor twee dae afgelê.
Cara, verlede jaar se Afrika-kampioen, moes ná haar laaste item Vrydagmiddag spoedig ‘n vlug na Kaapstad haal vanaf die Durban-lughawe. Sy moes die volgende oggend vir die 1ste netbalspan teen Paarl Gimnasium speel. Oranje het die wedstryd gewen met 25 – 20.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf