)

Nasionale Atletiekkampioenskap – Sekondêre Meisieskool Oranje

Nasionale Atletiekkampioenskap. Cara Smith, Graad 12 leerder van Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein, het ‘n silwer medalje ontvang tydens die Nasionale Atletiekkampioenskap. Cara het so tussendeur die Paarl-interskole ook ’n silwer medalje by die senior nasionale atletiekkampioenskap in Pietermarizburg behaal.

Sy het die 2de plek behaal in heptathlon (sewekamp) se o.20-afdeling. Roline Louw, 2023 matrikulant van Oranje, het, soos verlede jaar, die 1ste plek ingepalm! Sewekamp bestaan uit 100 m-hekkies, hoogspring, gewigstoot, 200m, verspring, spiesgooi en 800m. Dit word oor twee dae afgelê.

Cara, verlede jaar se Afrika-kampioen, moes ná haar laaste item Vrydagmiddag spoedig ‘n vlug na Kaapstad haal vanaf die Durban-lughawe. Sy moes die volgende oggend vir die 1ste netbalspan teen Paarl Gimnasium speel. Oranje het die wedstryd gewen met 25 – 20.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal