H/S Keimoes en die gemeenskap van Keimoes is baie trots en opgewonde oor die borg van die skool se 1ste en 2de –spanne se rugbytruie deur Nashua Upington. Dit is pragtige truie wat soortgelyk is aan die truie van die huidige Curriebeker-spanne. Elke speler ontvang ook `n opwarmings T-hempie. Hulle sien baie uit na die seisoen en het alreeds in hul eerste ligawedstryd van die seisoen met H/S Oranjezicht afgereken op laasgenoemde se tuisveld.

Volgens die skoolhoof, Mnr Gary Robertson, bestaan daar al vir `n aantal jare `n wonderlike verhouding tussen die skool en Nashua.” Hierdie maatskappy lewer jaarliks `n puik diens aan die skool, en ons is waarlik trots om met hulle geassosieer te word”, het  Mnr Robertson gesê. Volgens Stefan Botma, takbestuurder, wil die maatskappy terugploeg in die gemeenskappe en skole wat hulle ondersteun. “ Daar is `n wye verskeidenheid produkte wat hulle aan skole kan verskaf, en waarvan H/S Keimoes definitief alreeds voordeel trek”, het hy gesê.

Mnr Robertson meld dat skole in die kleiner dorpe swaar trek om borge te kry. Hulle  moet egter nie agteroor gaan sit en hoop dinge sal beter gaan nie.” Ons moenie wag vir die department of andere om vir ons dinge te laat gebeur nie”, het hy gesê.

Op die foto verskyn van links agter: Jaco Mostert (verkoopsverteenwoordiger- Nashua), Denver Christian (kaptein – 1ste span), Arthur Swartz (kaptein- 2de span) en Mnr WP Majiedt (afrigter).

Voor sit: (links)  Mnr Gary Robertson (skoolhoof) en (regs) Stefan Botma (takbestuurder- Nashua Upington).

Become a Sponsor