DF het op Maandag 18 September die voorreg gehad om vir Lesley en Carl Potgieter van Aware Bears, asook Reinet Barnard van Die Paarlskool, te ontmoet.
Lesley is met “cerebral palsy” (PS) gebore en het ongelukkig ‘n paar jaar gelede ‘n beroerte gehad en is nou permanent vasgevang in ān rystoel. Sy het “Aware Bears” gestig om ‘n veilige ruimte vir kinders met hierdie siekte en hul families te skep waar hulle hul vrese, gevoelens en frustrasies kan bespreek. Carl en Lesley besoek (saam met Helen die teddiebeer) skole om vir kinders in hoofstroomskole bloodstelling aan die feit dat kinders met gebreke tot baie in staat is, te gee.
Reinet Barnard is ‘n fisioterapeut wat by Die Paarlskool met gestremde kinders werk. Sy het vir DF vertel hoe hard hierdie kinders moet werk om daaglikse takies (wat ons as vanselfsprekend aanvaar) te kan voltooi, maar het ook vir ons laat besef hoe baie hierdie kinders kan doen. Hulle is tot baie meer in staat as wat ‘n mens sou dink.
DF hou op 19 Oktober ‘n musiekkonsert ten bate van Die Paarlskool. Vir verdere navrae kan u ‘n e-pos aan me. Warnich by mwarnich@dfmalan.com rig.
Foto:
Agter (van links na regs): mnr. Sias Conradie (skoolhoof), Carl Potgieter, Reinet Barnard en me. Mette Warnich
Voor (van links na regs): Huber Coetzee, Lesley Potgieter en Janel de Wet.