Heart Health

Muurbalsensasie maak golwe landwyd – Hoërskool Jim Fouché

Muurbalsensasie maak golwe landwyd. Wanneer talent, harde werk en vasberadenheid saamkom, gebeur daar iets besonders. Soos wanneer ’n jong sportster haar drome agternasit en haar naam op nasionale vlak laat hoor. Só het Benedette van Tonder, graad-11 leerder van Hoërskool Jim Fouché, die land onlangs laat regop sit met haar indrukwekkende vertonings op die muurbalbaan. Sy speel nie net vir oorwinnings nie – sy speel met hart, karakter en die soort dryfkrag wat ware kampioene vorm.

Met vasberadenheid in haar hart en ’n raket in die hand, het Benedette onlangs ’n indrukwekkende 11de plek by die SA Schools Closed in Johannesburg verower. Dit is een van die land se mees kompeterende toernooie vir jong muurbalspelers. Dié prestasie is geen toeval nie. Benedette speel al van jongs af muurbal. Sy het reeds in Maart by die Growthpoint SA Nationals Regionals in Bloemfontein haar stempel afgedruk. In haar eerste jaar in die o.19-afdeling wys sy nie net vaardigheid nie, maar ook vasberadenheid.

Deursettingsvermoë

Wat Benedette besonders maak, is nie net haar spel nie – maar wie sy is buite die baan. Sy is uiters hard op haarself, altyd op soek na maniere om beter te wees. Benedette het ongelooflike deursettingsvermoë, gee nooit op nie, en dra haar medespelers op die hande. Sy wil altyd help waar sy kan, al is sy sélf onder druk. Ondanks haar intense fokus op prestasie, maak sy tyd om saam met haar vriendinne te lag en herinneringe te skep.

Een van haar mees inspirerende oomblikke was toe sy onlangs haar eie provinsie se senior vroue nommer een geklop het in ’n vriendskaplike wedstryd ná ’n spanningsvolle vyf stelle. “Ek het vir die eerste keer in ’n lang tyd weer geniet om te speel. Dis toe ek besef het ek ís goed genoeg,” vertel sy eerlik.

Met die ondersteuning van haar afrigter, Michael Deutschmann, en haar fiksheidsafrigter, Elsabé le Roux, is Benedette vasbeslote om steeds hoër te klim. Haar grootste dryfkrag? “God en my pa. Hy’s altyd daar – my stil vegter.”

Sy sien nou uit na die Growthpoint SA Nationals wat van 14 tot 17 Augustus 2025 by die V&A Waterfront in Kaapstad plaasvind. Hierdie toernooi, wat op ‘n glasbaan aangebied word, is een van die hoogtepunte op die Suid-Afrikaanse muurbalkalender, en bied aan spelers soos Benedette die geleentheid om hul vaardighede teen die land se beste te meet.

Benedette van Tonder is nie net ’n muurbalspeler nie – sy is ’n inspirasie.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://jf.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Karate-prestasie – Hoërskool Jim Fouché se Elvin Pienaar skitter

Karate-prestasie. Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein kan met trots terugkyk op ’n uitstaande prestasie deur Elvin Pienaar, leerder van Hoërskool Jim Fouché het op 8 November aan die Bushido Challenge…

Nasionale Swemkompetisie – Primêre Skool Naudeville

Nasionale Swemkompetisie – Primêre Skool Naudeville is ongelooflik trots op een van hul ster-leerders, Elle-Anne Roper in Graad 5. Elle-Anne is onlangs gekies vir die gesogte Vrystaat 4+1 swemspan. Hierdie…

Leave a Reply

You Missed

Karate-prestasie – Hoërskool Jim Fouché se Elvin Pienaar skitter

Karate-prestasie – Hoërskool Jim Fouché se Elvin Pienaar skitter

Nasionale Swemkompetisie – Primêre Skool Naudeville

Nasionale Swemkompetisie – Primêre Skool Naudeville

SANESA Cape Metro Awards – Fairmont High School delighted

SANESA Cape Metro Awards – Fairmont High School delighted

Lente Atletiekkampioenskap – Trio Primêr presteer uitstekend

Lente Atletiekkampioenskap – Trio Primêr presteer uitstekend

Dads and Lads event – St Charles College, Superior Sporting day

Dads and Lads event – St Charles College, Superior Sporting day

Remembrance Day – Grey College Primary took part

Remembrance Day – Grey College Primary took part