)

Mpumalanga Skole-atletiek – Erries presteer tydens atletiekbyeenkoms

Mpumalanga Skole-atletiek. Hoërskool Ermelo het op Vrydag 22 Oktober aan die Mpumalanga Skole-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hierdie byeenkoms is gehou te HTS Middelburg. Tydens hierdie byeenkoms het Erries uitsonderlik presteer.

Die volgende atlete het uitgeblink: Carla Ferreira behaal ‘n tweede plek in die o/17-spiesgooi met ‘n afstand van 38.52m in die Mpumalanga Skole-atletiek.  Mikaela Hand (o/15) verower ‘n eerste plek in skyfwerp (31,22m). Sy behaal ook ‘n derde plek in gewigstoot (11m). Mia Davel (o/15) behaal ‘n eerste plek in hoogspring met ‘n hoogte van 1,55m. 

In die Mpumalanga Skole-atletiekbyeenkoms o/17-afdeling behaal Danel Olivier ‘n tweede plek in die 110m-hekkies. Sy behaal ook twee sesde plekke in onderskeidelik die 100m en 200m.

Tyrone Berning (o/15) behaal twee eerste plekke in 400m-hekkies (55,3sekondes) en hoogspring (1,98m).  Hy behaal ook ‘n tweede plek in die 400m.

Die Erries is besonder trots op hierdie uiters begaafde atlete. Hulle het hul Godgegewe talente op ‘n besondere manier gebruik het by die Mpumalanga Skole-atletiek.  Mag julle in die komende atletiekseisoen tot nog groter hoogtes geïnspireer word.

Mia Steenkamp kon ongelukkig nie deelneem nie, weens ‘n besering.

Baie geluk aan al die atlete met julle wonderlike prestasies!

Erries is baie trots op julle!

Lees meer oor Hoërskool Ermelo:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal