Amashova-fietswedren. Christiaan Wege, graad 11 EHS-leerder, en Luzaan Durand, graad 10-leerder van EHS, het op Sondag 24 Oktober aan die uitdagende Amashova 80 km fietswedren in Durban deelgeneemen. Dié wedren volg die Comrades-roete en in moeilike weersomstandighede, vaar die twee Erries uitstekend.
Albei ry besondere goeie tye en ontvang elkeen ‘n Amashova medalje.
Luzaan behaal ‘n derde plek in die o/17 meisies-afdeling en Christiaan eindig negende in die o/19 seunskategorie.
Baie geluk aan hierdie twee Erries. EHS is besonder trots op julle!