Erries Lourierfunksie. Op Vrydag 25 Oktober het Hoërskool Ermelo die jaarlikse graad 12-Lourierfunksie op ‘n spoggerige en glansryke wyse gehou.
Baie geluk aan elke leerder wat ‘n prys ontvang het. Dankie vir vyf jaar se harde werk op die sportveld, akademiese gebied, en in die kultuur-afdeling. Dankie ook dat julle goeie ambassadeurs vir die Erries was.
Top 10:
Die top tien vir 2021 se graad 12’s lyk as volg (vanaf nommer een tot nommer tien): Leandri Viviers, Michaela van Rensburg, Lana Herholdt, Anke de Kock, Eunika Snyman, Margha Greyling, Lethu Dlamini, Jolindi Annandale, GJ Swanepoel en Mpumelelo Malaza.
Zimri Büchling en Elzhan Roets ontvang die Melrow Apteek-boekpryse vir kameraderie. Richard Cloete and Thandiwe Nhlabathi received the Mix and Match book prizes for companionship. Arend Fourie en Anke de Kock is die ontvangers van die ABK van Zijl-boekpryse vir ware heer en dame in graad 12. Hulle ontvang ook die Bok Martins-boekpryse vir leierskap.
Jolindi Annandale, Zimri Büchling, Anke de Kock, Lethu Dlamini, Ruan du Toit, Arend Fourie, Margha Greyling, Lana Herholdt, Hendrik Louwrens, Sanele Mahlangu, Thandiwe Nhlabathi, U-lene Nortje, Morné Olivier en Michaela van Rensburg het elkeen ‘n EHS-merietemedalje, geborg deur TKW, ontvang.
Boekpryse:
Die boekpryse vir beste tweetaligheid is toegeken aan Leandri Viviers (Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal) en Eunika Snyman (English Home Language en Afrikaans Eerste Addisionele Taal).
GJ Swanepoel en Lana Herholdt ontvang die NJ Robberts-boekpryse vir beste sport en akademie in graad 12.
Die Roelien Groenewald-motiveringstrofee vir die tweede beste presteerder in graad 12 word dié jaar toegeken aan Michaela van Rensburg.
Leandri Viviers ontvang die Sybrand Harris-kontantprys vir die hoogste prestasie van graad 8 tot 12. Sy word ook aangewys as die Dux-leerder vir 2021. Hiervoor ontvang sy ‘n kontantbedrag, silwer skinkbord en die Fairbairn-medalje. Die pryse is geborg deur TWK.
Groot dank aan TWK wat as hoofborg opgetree het, asook elke ander borg wat ‘n bydrae gelewer het om van die prysuitdeling ‘n sukses te maak.
EHS is besonder trots op die groep graad 12-leerders van 2021. Mag die sukses wat julle ervaar het tydens julle skoolloopbaan, vermenigvuldig.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Erries: