SWD Krieket. Hoërskool Punt, Mosselbaai, het nie ‘n tekort aan talentvolle krieketspelers nie. Die bewys hiervan is dat drie kranige spelers gekies is SWD Krieket. Hulle is in verskeie krieketspanne opgeneem is.
Jesse Lewis is gekies vir die o/16 SWD krieketspan. Twee dogters, Lianca Venter en Carla Cilliers, is ook in SWD krieketspanne opgeneem. Hierdie dogters is onderskeidelik in die o/16 en o/19 spanne opgeneem. Lianca Venter is ook aangewys as die onderkaptein van haar span.
Met die hoeveelheid kriekettalent by Hoërskool Punt is daar na die aanstelling van nuwe personeellede vir 2022 gekyk. Hierdie personeellede sal help om Hoërskool Punt een van die eerste skole in die Suid-Kaap, wat dogterskrieket aanbied, te maak. Die ontwikkeling van seunskrieket sal ook hoog op hul prioriteitslys wees.
Ons sien uit om als Hoërskool Punt se krieketspelers in die toekoms dop te hou!
Foto’s verskaf
Lees meer oor Hoërskool Punt: