Mpumalanga skiet. Vyf van die Errie-skuts het die afgelope naweek aan die Mpumalanga Skiet finaal te Witrivier deel geneem. Na afloop van die kompetisie is die Mpumalangaspan aangekondig wat in Oktober aan die Suid-Afrikaanse-kampioenskap in Randburg gaan deelneem.
Die volgende Errie-skuts is ingesluit in die Mpumalanga-span:
- Pieter de Beer
- Dehandri Morkel
- Marla de Jager
- Jessica Ashmead
- Leam Warren is aangewys as reserwe in die Pistoolklas
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf