Mpumalanga Landloop. Vier landloopatlete van Hoërskool Ermelo is gekies vir Atletiek Suid-Afrika se Mpumalanga Landloop kampioenskap.
Bongmusa Vilakazi, Mnqobi Mabuza, Esmari Kloppers en Aletha Kloppers het Saterdag, 19 Augustus, aan Atletiek Suid-Afrika se Mpumalanga-kampioenskap deelgeneem by die Kees Taljaard stadion in Middelburg.
Erries se vier atlete het as volg presteer:
- Bongmusa Vilakazi behaal ‘n tweede plek (seuns o.19)
- Mnqobi Mabuza behaal ‘n tweede plek (seuns o.14)
- Esmari Kloppers eindig vierde (dogters o.16)
- Aletha Kloppers eindig tweede (dogters o.14)
Hierdie vier atlete kwalifiseer om aan die ASA-kampioenskap deel te neem op 16 September 2023.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf