Mpumalanga Landloop. 🏃♂️ Hoërskool Nelspruit spog met 19 Nellies in Mpumalanga-span!
Na ’n opwindende naweek by die Mpumalanga Landloop Kampioenskappe is Hoërskool Nelspruit ongelooflik trots om aan te kondig dat 19 van die skool uitblinkers gekies is om Mpumalanga te verteenwoordig by die SA Landloopkampioenskappe op 6 September in Middelburg.
Hierdie prestasie is ’n bewys van harde werk, deursettingsvermoë en ware Nellie-gees. “Ons wens elke atleet alle sterkte toe met die laaste drie weke se voorbereiding — dis nou tyd om Nellie-guts te wys en SA aan die brand te hardloop!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








