Montana. Dit is vir Schools That Rock ān voorreg om ān paar vrae te vra aan Zanoushca le Grange, Hoofdogter van HoĆ«rskool Montana, Worcester, vir 2022.
Zanoushca, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoƫrskool Montana?
Ek sien my rol as hoofleier by HoĆ«rskool Montana as ‘n geleentheid om uitdagings aan te pak en om mede leerders te motiveer en te inspireer sodat ons as ‘n eenheid ons skool kan verbeter.
Hoe het die afgelope vier jaar by Montana jou vir die rol as leier voorberei?
Gedurende die 4 jaar by Montana het ek geleer om in myself te glo, want mede-leerders en onderwysers het gewys dat hulle my vertrou. Ek het nuwe talente ontdek deur geleenthede wat ek gekry het.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?
Die persoon na wie ek die meeste opkyk is my ma, Almarette. Sy is ‘n voorbeeld van ‘n vasberade en opregte vrou met ‘n hart van goud. Haar vermoĆ« om die beste van elke situasie te vind inspireer my elke dag net meer. Sy is werklik een uit ‘n miljoen.
Watter studieriging beoog jy na skool?
Na skool sal ek graag myself in die mediese rigting wil vind. Ek stel baie belang in wetenskap en ek weet dat dit my op my tone sal hou.
Wat staan vir jou die meeste uit by jou skool?
Die passie van die onderwysers staan vir my die meeste uit. Hulle is altyd bereid om die ekstra myl te stap. Dit is werklik inspirerend hoe die onderwysers se behulpsaamheid en hulle omgee-harte in die leerders weerspiƫl.
Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?
Nee, ek dink nie dat sport verpligtend moet wees nie. Vir sommiges skep sport eenheid onder hulle mede-deelnemers, en ‘n goeie spangees kan hulle inspireer en motiveer. Dit kan vir hulle ontspannend wees omdat hulle iets doen wat hulle geniet. Aan die anderkant weet ek dat ons almal ander belangstellings het en dit maak ons uniek. Party leerders floreer in rustiger omgewings en geniet dit om hulle talente in kuns en kultuur te beoefen. Elkeen het ‘n afdeling waarin hulle hulself kan wees en hulle vaardighede en kennis kan bevorder.
Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?
Terug in 2019 het ‘n span tromspelers van Kaapstad, Montana besoek. Elke Montie het sy eie trom gekry en ons het almal saam gespeel. Dit was werklik ‘n belewenis. Die glimlagte op almal se gesigte en die gees onder ons was iets besonders.
Wat is jou doelwitte vir jou dienstermyn?
My grootste doelwit is om eenheid onder leerders te bewerkstellig. Ek wil graag hĆŖ dat alle leerders ‘n positiewe gesindheid teenoor die skool, onderwysers en mede-leerders moet hĆŖ. As ons saamstaan, kan ons soveel meer bereik.
Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?
Ek word gemotiveer deur my dryfkrag om suksesvol te wees. Eendag het ek ‘n video gesien waarin ‘n persoon uitgebrei het oor hoe ons keuses en ons gewoontes ons beĆÆnvloed. Elke dag wil ek beter wees as wat ek gister was. Ek brand om ‘n verskil in my en ander se lewens te maak. Ek wil eendag terugkyk en met vrede in my hart kan weet dat ek elke geleentheid aangegryp het.
Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van die Montie te word?
By Montana is ons ‘n familie. Hier kyk ons na mekaar en elkeen kry die nodige aandag wat hulle verdien. Jou ideale is ons eerste prioriteit. Ons skool se waardes is vir ons baie belangrik en dit vorm die boustene van elke Montie. Ons beloof ‘n hoĆ«rskool loopbaan wat jy nooit sal vergeet nie.
Wat is jou toekoms-ideale?
In die toekoms wil ek graag na AustraliĆ« toe emigreer. Ek sal graag daar vir myself werk skep en my eie praktyk wil oopmaak. Verder wil ek net eendag in ‘n omgewing wees waar ek gelukkig en onafhanklik kan wees.
Foto verskaf
Lees meer oor skole: