Montagu 7’s Rugby. Hoërskool Swartland, Malmesbury, se 7’s rugbyspanne het op 26 Augustus deelgeneem aan die Montagu 7’s toernooi. Die Rockies het goed gedoen en ook baie ervaring opgedoen.
Uitslae is soos volg:
- 0/17-span: Wen 1 uit 4 wedstryde
- 0/15-span: wen 3 uit 4 wedstryde. Hulle speel gelykop in die finaal teen Montagu met ‘n telling van 21- 21 (na ekstra tyd). Montagu “wen” omdat hulle die eerste drie gedruk het.
- Erchel Hanga van Hoërskool Swartland is ook aangewys as speler van die dag!
Die spanne speel ook hierdie naweek by die Bredasdorp-toernooi.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf