WOW Spelkompetisie. ‘Om korrek te spel is die fondasie van geletterdheid. Geletterdheid is die fondasie van kennis.’
‘n Groep graad 8- en Graad 9 Rockies van Hoërskool Swartland in Malmesbury het deelgeneem aan die WOW spelkompetisie. Mieke Liedeman (graad 9) het ‘n vierde plek by Weskus behaal en Madelé Steyl (gr. 8 )het ‘n tweede plek losgespel.
Mieke en Madelé dring nou deur na die Nasionale rondte wat by die Universiteit van Stellenbosch plaasvind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf