Monoloogfees – Leerders van Primêre Skool Jordania, in Bethlehem het op 28 Julie 2022 aan ‘n Monoloogfees deelgeneem. Die Monoloogfees is gehou by Hoërskool Witteberg. Op die Planke Toneelfees het dit aangebied.
Die beoordeelaar was mnr. Armand Britz. Hy was baie beïndruk met die leerders. Hy het hul uitslae op 5 Augustus bekend gemaak.
Die volgende leerders Elianke van Reenen, Xanyke Swart, Heiken Venter, Leonelle van Niekerk, Lexi Willemse en Danielle Venter dring deur na die Nasionale finaal wat by Leeuwenhof Akademie in Johannesburg gehou word. Dit sal plaasvind op 15 Oktober.
Baie sterkte vir die voorbereiding vir die finale in Oktober.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.jordaniaprimer.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








