Hoërskool Monument, Krugersdorp, word behoorlik verteenwoordig by die o.19 SA-kampioenskappe wat tans by Hoërskool de Kuilen in Kaapstad plaasvind.
Die vyf spelers, Lourien Kruger (Gr.12, Hulpdoel); Anandri Rossouw (Afrigter, Doel); Zané Jones (2018 1ste netbalspan-kaptein, Verdediger), Jennifer Gabotlaelwe (Gr. 12, Hulpdoel), Koketso Malangabi (Gr. 12, Senter)
verteenwoordig die distrik Royal Bafokeng by die kampioenskappe.
Dankie dat julle Monnas Netbal se naam hoog hou met uitstekende spel, sportmanskap en gees.
Monnas is trots op julle!
V.l.n.r: Lourien Kruger, Anandri Rossouw, Zané Jones, Jennifer Gabotlaelwe en Koketso Malangabi