Hoërskool Monument (Monnas) in Krugersdorp, se o.19 Seuns jukskeispan het tydens die Julie vakansie deelgeneem aan die SA Skolekampioenskappe in Durban en vir die vierde agtereenvolgende jaar met die loure weggestap.  Die span het plaaslik die Gautengliga gewen en in Durban teen al agt ander provinsiale wenners in die dubbels, trips en spankompetisie meegeding en goue medaljes in al drie afdelings gewen.

Die span se afrigter, Tinus Barnard, sê dat sy span baie goeie konsentrasie gewys het, ten spyte daarvan dat hulle onder geweldige druk gespeel het en dat hy baie trots op elke speler is.

Beide afrigters, Tinus Barnard en Jean Nel, is nasionale Jukskeispelers in hulle onderskeie ouderdomsgroepe.

Jukskei is een van Suid-Afrika se elf inheemse sportsoorte, ‘n presisie sportsoort wat groot vaardigheid verg.

Foto heel bo:

Van links: Brandon Bester (speler), Tinus Barnard (afrigter en spanbestuurder), Jean Nel (Afrigter), Marno Nel (speler), Joachim Scholtz (kaptein trips), Sandy Thwala (kaptein dubbels), Rowan Swanevelder (trips)

Become a Sponsor