“ Ek gee nie om of julle vandag wen of verloor nie solank julle dit net geniet”, het Liese-Mariè Botha, hokkiehoof van Hoërskool Monument (Monnas) in Krugersdorp aan die dogters eerstespan gesê net voordat hulle gaan veg het vir die titel as Noordvaal wenners. Monnas het vroeg in die wedstryd druk op hul teenkant, Waterkloof (Klofies) geplaas deur in die eerste 17 minute ‘n doel te skiet. Hierdie doel was aangeteken deur Gabby Terblanche, wat ook onlangs gekies is vir die 0/21-dogters Suid-Gauteng hokkiespan.
Alhoewel Klofies sterk aangeval het, kon die span nie daarin slaag om enige doele te skiet gedurende die wedstryd nie en was Monnas gekroon as die algehele wenners van die Noordvaal-hokkietoernooi 2017.
Monnas se kaptein, Lethabo Nkoe het gesê sy glo dat vertroue in mekaar, geloof en daaglikse motivering die resep is vir diè span se sukses. “Dit was die laaste keer dat ons as span saamgespeel het en ek is baie bly dat ons die seisoen op so ‘n hoë noot kon eindig, “No Guts, No Glory” het Nkoe bygevoeg.
Op die foto heel bo:
Liese-Mariè Botha (Afrigter), Sandra van Rooyen “Right Half”, Mari Nischa Gibbens “Right Wing”, Zilcha Welgemoed “Center Half”, Tercia Heydenrycht “Center Forward”, Heel agter Chante Bredenhann “Left Half”, Racquel McCarthy “Left Wing”, Gaby Terblance “Left Wing”, Kaylee Harwood “Center Forward”, Hesna du Plessis (Spanbestuurder/Hulp Afrigter), Sone van der Walt “Center Half”
Voor:
Monet van Wyngaardt “Goalie”, Lethabo (Tiger) Nkoe “Left Link” (Kaptein), Mischa Janse van Vuuren “Right Wing”, Dione Groenewald “Right Link”, Laura Mae Esterhuizen “Center Link”, Celine da Silva “Left Half”, Larischa Botes “Goalie”