)

Mnr/Mej Errie – Wenners aangekondig

Mnr/Mej Errie – Hoërskool Ermelo het hulle mnr/mej Errie 2022 wenners aangekondig. Die Errieraad het aan die leerders die geleentheid gebied om in te skryf vir mnr/mej Errie 2022. Die tema was “From Star to Galaxy.”

Onderhoude:

Nadat onderhoude met elkeen van die inskrywings gedoen is, is 40 finaliste gekies wat op 25 Mei aan die Gala-aand deelgeneem het.

Gala-aand:

Hierdie geleentheid was weereens ‘n glansryke aand en die gehoor het dit terdeë geniet. Elke deelnemer het uitsonderlik vertoon. Hulle het dit vir die beoordelaars moeilik gemaak om top-plekke aan te wys.

Uitslae:

Baie geluk aan elke deelnemer, die organiseerders en beoordelaars met ‘n skitterende aand. EHS is trots op elkeen wat die verhoog betree het. Erries is besonder trots op dié wat plekke behaal het:

Senior dogters (vlnr): Mia Steenkamp (tweede plek), Mienke Cloete (Senior Mej. Errie) en Deidre van der Meyden (derde plek)

Inge Greyling ontvang die prys vir mej Persoonlikheid, asook Gedeon Muteb as mnr Fotogenies.

Senior seuns (vlnr): Billy van der Walt (derde plek), Walter van der Walt (Senior Mnr. Errie) en Lood Geldenhuys (tweede plek)

Ulric Badenhorst ontvang die derde plek in die junior seuns afdeling. Ororiseng Sepitla ontvang die derde plek vir die junior dogters afdeling.

Junior dogters (vlnr): Mia van Deventer (tweede plek), Wianke Cloete (Junior Mej. Errie) en Ororiseng Sepitla (derde plek)

Tweede plek vir junior seuns en dogters gaan aan Joshua du Toit en Mia van Deventer.
Junior mnr/mej Errie is De La Rey Hattingh en Wianke Cloete.

Junior seuns (vlnr): Joshua du Toit (tweede plek), De La Rey Hattingh (Junior Mnr. Errie) en Ulric Badenhorst (derde plek)

Derde plek vir senior seuns en dogters word Billy van der Walt en Deidre van der Meyden aangewys. Tweede plek, senior seuns gaan aan Lood Geldenhuys en Mia Steenkamp in tweede plek vir senior dogters.
Senior mnr en mej Errie is Walter van der Walt en Mienke Cloete.

Woord van dank:

‘n Besondere woord van dank aan Allison van der Walt wat die deelnemers puik voorberei het, sowel as die Errieraad-ouers vir al die ondersteuning om hiervan ‘n sukses te maak.

Dit is vir Hoërskool Ermelo ‘n voorreg om elke geleentheid te gebruik om vir die leerders kosbare herinnering te skep.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal