“Geagte Mnr Herman, onderwysers, ouers em Mullie-maats.
Daar is ‘n paar verskillende sininieme vir “LEIER” in die woordeboek…
die twee wat die beste by Mnr Herman pas is HOOFMAN en VOORLOPER.
Baie dankie dat meneer ons hoofman hier by Mullies is. Dankie da tons kan weet
dat meneer regtig vir die skool en elkeen van ons omgee.
Vir my is ‘n leier iemand wat lei deur ‘n voorbeeld te stel.
Ek glo julle sal met my saamstem dat Mnr Herman 100% toegewyd is aan Mullies
op elke gebied; akademie, kultuur en sport. Meneer is ALTYD ORALS!
Dankie vir al die opofferings en die voorbeeld elke dag.
‘n Onbekende skrywer het gesê: “Ons is gemaak om spore te los”.
Baie gelukmet Meneer se verjaardag, mag die jaar wat voorlê geseënd wees met
goeie herinneringe wat diep spore sal agterlaat.”
Marcelle Verster (Gr 7)