Mnr en Mej Waterkloof – Hoërskool Waterkloof het onlangs hul jaarlikse aand vol styl aangebied. Vol selfvertroue en kreatiwiteit het mnr en mej Waterkloof die kollig gesteel. Die saal was gevul met opgewonde leerders, trotse ouers en ondersteuners wat elke oomblik saam gevier het.
Die kroon is vanjaar toegeken aan Johan Janneke en Mieke Oelofse, wat met hul charisma en elegante teenwoordigheid die titel van Mnr en Mej Waterkloof verower het.
Hulle is bygestaan deur die volgende glanspare:
- 1ste Prins en Prinses: Reon Coetzee en Mieke Roets
- 2de Prins en Prinses: Meyer Pretorius en Janae Bester
Die aand het ook ander sterre laat skitter:
- Mnr en Mej Fotogenies: Hugo Dercksen en Simoné de Leeuw
- Persoonlikheid van die aand: Aiden Bester
- People’s Choice: JJ Brits en Nika Meiring
Een van die hoogtepunte was die kreatiewe item van die aand, “Now you see me”, waar deelnemers soos Aiden Bester, JJ Brits, Johan Janneke, Matthew Paraskeva en Meyer Pretorius hul talent en oorspronklikheid ten toon gestel het.
Die geleentheid was nie net ’n kompetisie nie, maar ’n viering van jongmense se selfvertroue, styl en unieke persoonlikhede. Hoërskool Waterkloof kan met trots sê dat die toekoms blink. Hulle leerders blink nie net akademies en sportief uit nie, maar kan ook op die verhoog skitter.



Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








