)

Mnr en Mej NHS is colour-licious

Net as jy dink dat die Mnr en Mej NHS glansaand nie nog beter kan wees nie, dan kom die supersokkie-sensasie, beter bekend as Snotkop, en 5 glanspaartjies en oortref alle verwagtinge.

Daar is gesing, gesokkie en o la la… die koppe het behoorlik gedraai vir die pragtige deelnemers.

Die jaarlikse glansgeleentheid het Donderdag, 22 Augustus plaasgevind met 10 deelnemers wat meegeding het vir die gesogte titel van Mnr en Mej NHS 2019. Na die verwelkoming het die vorige Mnr en Mej NHS, Jaytee Boers en Jessica Berry die geleentheid gekry om meer van hulle uitreik-aksie na Sinani Noma Kanjani te vertel. Daarna het die finaliste die geleentheid gekry om hulself deur ā€˜n kort video aan die gehoor voor te stel en vir die eerste keer op die loopplank te verskyn. Daar is ook, soos die vorige jare, vir die deelnemers die opdrag gegee om ā€˜n reklame advertensie uit te beeld vir die hoofborge. Elke toneel is oorspronklik en professioneel aangebied.

Snotkop het die gehoor op hulle voete gehad met sy treffers soos ā€œBoerepompieā€, ā€œAlles gaan okay weesā€ en ā€œMeisie Fergusonā€. Daar was ook ā€˜n baie spesiale oomblik wat die saal met heimwee gevul het toe hy ā€œSong vir my Dadā€ gesing het.

Die hoogtepunt van die aand was om die paartjies in hulle formele aanddrag, geborg deur Claris by Gerrit Pienaar en Bride&Co, te sien. Hare en grimering is spesiaal vir die geleentheid deur Hair Quarters @ I’langa en MUD Studio gedoen.

Die beoordelaars, Pia van der Spuy, Marike Nel, Jacques Lombard, Divan Prinsloo, Charlien Lourens en Yolandi de Clerck het nie ā€˜n maklike taak gehad nie. Die uiteindelike wenners wat gekroon is as 2019 se Mnr. en Mej. NHS is LanĆ© Taljaard en Franco van Rooyen.

Ander wenners:

Eerste prins en prinses – Jayden Joubert en Naomi van der Nest

Tweede prins en prinses – Gerard Venter en Gabi van der Merwe

Mnr. en Mej. Persoonlikheid – Attie Smit en Strelza van Aardt

Mnr. en Mej. Fotogenies – Ruben Grindlingh en Kaylee Janse van Rensburg

 

Die skool bedank graag al die borge, fotograaf Kerry Wiehman (Mamarazzi Photography), personeel en ouers wat hierdie produksie moontlik gemaak het.

Die glansaand was beslis Colour-licious!

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal