Vlnr: ZanƩke Ludick, SimonƩ Beyer, Johan Strauss en Otto van Schalkwyk.
Sewentien van Hoƫrskool Ermelo se leerders het op Dinsdag, 20 Augustus, aan die ATKV-Spelathon deelgeneem te Hoƫrskool Generaal Hertzog.
In die junior afdeling het die Erries gewys hoe daar gespel moet word met drie Erries in die top tien. Uit die oorblywende vyf leerders was daar nĆ³g twee Erries wat uitstekend presteer het. ZanĆ©ke Ludick behaal ān sewende plek, Johan Strauss ān vierde plek en Otto van Schalkwyk kwalifiseer met sy derde plek om op 11 Oktober aan die ATKV se nasionale Spelathon-byeenkoms te gaan deelneem in Bloemfontein.
In die Senior afdeling was daar ān massa-deelname van 40 deelnemers. Binne ān oogwink was daar net 20 spellers oor met vyf Errie-verteenwoordigers. Elizia van Heerden, AndrĆ© Strauss en Annia Boshoff val in dieselfde rondte uit en behaal ān gesamentlike veertiende plek. YanĆ© Broekman val twee rondtes later uit en behaal ān elfde plek. SimonĆ© Beyer byt vas in die top 10 en val in die sesde rondte uit wat aan haar ān sesde plek besorg.
Dankie aan al die Erries wat EHS se naam hoog gehou het by die ATKV-Spelathon. EHS is trots op elkeen van julle. Baie geluk aan elkeen wat ān plek behaal het en sterkte aan Otto van Schalkwyk met die nasionale byeenkoms wat voorlĆŖ.