)

Errie in top drie by ATKV-Spelathon

 

Vlnr: Zanéke Ludick, Simoné Beyer, Johan Strauss en Otto van Schalkwyk.

Sewentien van Hoërskool Ermelo se leerders het op Dinsdag, 20 Augustus, aan die ATKV-Spelathon deelgeneem te Hoërskool Generaal Hertzog.

In die junior afdeling het die Erries gewys hoe daar gespel moet word met drie Erries in die top tien. Uit die oorblywende vyf leerders was daar nóg twee Erries wat uitstekend presteer het. Zanéke Ludick behaal ’n sewende plek, Johan Strauss ’n vierde plek en Otto van Schalkwyk kwalifiseer met sy derde plek om op 11 Oktober aan die ATKV se nasionale Spelathon-byeenkoms te gaan deelneem in Bloemfontein.

In die Senior afdeling was daar ’n massa-deelname van 40 deelnemers. Binne ‘n oogwink was daar net 20 spellers oor met vyf Errie-verteenwoordigers. Elizia van Heerden, André Strauss en Annia Boshoff val in dieselfde rondte uit en behaal ‘n gesamentlike veertiende plek. Yané Broekman val twee rondtes later uit en behaal ‘n elfde plek. Simoné Beyer byt vas in die top 10 en val in die sesde rondte uit wat aan haar ‘n sesde plek besorg.

Dankie aan al die Erries wat EHS se naam hoog gehou het by die ATKV-Spelathon. EHS is trots op elkeen van julle. Baie geluk aan elkeen wat ‘n plek behaal het en sterkte aan Otto van Schalkwyk met die nasionale byeenkoms wat voorlê.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal