Mirnawanbeker in Maleisië. Kirstin Booysen, leerder van Sekondêre Meisieskool Oranje, word eers einde vandeesmaand 16 jaar oud, maar sy het reeds die SA o.17-hokkiespan gehaal. Die Suid-Afrikaanse hokkiespelers gaan in November om die Mirnawanbeker hokkie in Maleisië meeding. Dit is die derde weergawe van hierdie toernooi en die eerste keer wat ‘n Oranjeniet dié span haal.
Kirsten (graad 10) is in 2023 vir die SA o.16B- en vanjaar vir die SA o.16A-span ná afloop van die IPT gekies. Die toernooi vind plaas vanaf 1 tot 10 November.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









