Mini Attakwas – Hoërskool Outeniqua, in George se atlete het goed presteer op 15 Januarie met die mini Attakwas. Dit is ‘n half maraton van 52km.
Alhoewel dit baie warm was, het die Kwaggas hulle goed gekwyt van hul taak.
Al drie poduim posisies vir seuns is deur drie graad 11 leerders verwerf.
Die uitslae was as volg: 1ste plek Cronje Beukes; 2de Jaydan Durandt en 3de Jaco Jacobs.
Baie geluk!!
Kwaggas is trots op julle!!
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za