Graad 12 Uitslae. Hoërskool Hoopstad getuig met groot dankbaarheid dat hul graad 12’s vir die 36ste jaar agtereenvolgens, ‘n 100% slaagsyfer behaal het. Die Graad 12’s van 2021 spog met ‘n gemiddeld van 62.98%.
Daar is een leerder wat slaag met ‘n E-simbool, 8 met ‘n D-simbool, 12 met ‘n C-simbool, 1 met ‘n B-simbool. baie geluk aan die twee leerders, Riana du Toit en Magriet du Toit met hul A-simbool. Hoopies se top kandidaat, Magriet, is genooi na die “Well done”-funksie in Bloemfontein. Sy is onder die top 100 leerders in die Vrystaat. Baie geluk Magriet, Hoopies is super trots op jou!
Twintig van die vier-en-twintig leerders (83%) kwalifiseer om vir ‘n graadkurses te studeer, terwyl 4 leerders (17%) kwalifiseer om vir ‘n diplomakurses te kan inskryf. Hoopies spog verder met 26 vak A’s, 22 vak B’s, 51 vak C’s, 48 vak D’s, waarvan Magriet en Riana beide 8 vak A’s behaal het.
Baie geluk Graad 12’s van 2021. Hoërskool Hoopstad is dankbaar vir jul puik prestasies!
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za