Dogterskrieketspan – Hoërskool Witteberg, in Bethlehem se dogterskrieketspan het pas hul seisoen afgeskop. Hulle eerste wedstryd was teen Hoërskool Senekal se 2de span. Tien van die elf Witteberg spelers in vanjaar se span het hul debuut gemaak, en ‘n reuse oorwinning oor hul opponente behaal.
Hoërskool Senekal wen die loting en stuur Witteberg in om eerste te kolf.
Leozé Lottering het sommer van die eerste bal af die opponente bewus gemaak van haar teenwoordigheid. Sy behaal in haar debuut wedstryd 60 lopies sonder om haar paaltjie te laat kantel.
Sy was baie goed bygestaan deur Zané Wessels wat 19 lopies tot die totaal bygedra het.
Die beste vennootskap van die dogterskrieketspan se dag was egter dié van die openingspaar, Leozé Lottering en Amy Kotzé. Hul vennootskap het bestaan uit 46 lopies van slegs 52 balle.
Wittes se dogterskrieketspan eindig op ‘n totaal van 157 vir die verlies van 3 paaltjies in die 20 beurte.
As gevolg van onweer wat die wedstryd bedreig het, het Wittes se meisies in slegs 39 minute al 10 paaltjies van Senekal laat kantel.
Die speler wat totale chaos met die bal in die hand veroorsaak het, was Evané du Toit. Evané neem 4 paaltjies in 4 beurte en staan slegs 9 lopies af.
Die Lottering sussies, Leozé en Ziané, neem elk 2 paaltjies.
Elry Flores sorg dat die laaste pen val en dit terwyl Senekal slegs 28 lopies op die telbord gehad het.
Hoërskool Witteberg wen dus met 129 lopies.
Baie geluk met jul oorwinning!!
Wittes is baie trots op julle!!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf