Matrieks 2021. Vrede Skool is besonder trots op hul matrieks van 2021! Uit ‘n groep van negentien leerders lewer hulle gesamentlik ‘n indrukwekkende 44 onderskeidings. Vrede Skool behaal ook weereens ‘n 100% slaagsyfer vir die 36ste jaar in ‘n ry.
Onderskeidings word in die vakke behaal: Afrikaans HT- 6; Engels EAT – 2; Wiskunde – 5; Wiskunde Geletterdheid – 3; Lewenswetenskappe – 7; Fisiese Wetenskap – 4; Gasvryheidstudies – 1; Rekeningkunde – 5; Lewensorientering – 11.
Die volgende Leerders behaal onderskeidings: Michael Cilliers – 7; Anchen Gerber – 7; Calla Cilliers – 6; Wilmi Fourie – 6; Emily Castro – 5; Luzaan du Plessis – 4; Karabelo Motloung – 2; Amelda Koegelenberg – 1; Monica Linde – 1; Corli Lourens – 1; Megan Rothman – 1; Chris Swanevelder – 1; Mamello Tsotetsi – 1; Juandre van Zyl – 1.
Die skool bedank elkeen van die 2021 matriekgroep en onderwysers wat so hard gewerk het onder baie moeilike omstandighede. “Julle harde werk is duidelik in die resultate sigbaar. Ons is baie trots op julle en wens elkeen van julle ‘n baie voorspoedige lewenspad vorentoe. Mag julle aanhou om deur harde werk sukses te behaal.”
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za