)

Mev Marlene Cloete – Hoër Meisieskool Oranje neem afskeid

Mev Marlene Cloete. Blom waar jy geplant is,së die vertrekkende Mev Marlene Cloete. Ná ’n verbintenis wat oor etlike jare strek, word mev. Marlene Cloete se OMS-naelstring binnekort geknip.

Sy tree ná 37 jaar in die onderwys af waarvan 17 jaar as Geografie-onderwyser by Oranje. Sy het ook Geskiedenis en Lewensoriëntering onderrig. Mev Cloete was ook vir baie jare Oranje se swemhoof.

Mev. Cloete, ’n oudleerder van Oranje, se ma en ouma was ook albei leerders by Hoër Meisieskool Oranje. Sy sê kollegas wat beste vriendinne word, is wat sy die meeste gaan mis. “Ook die tipe dogter wat hier skoolgaan. Altyd respekvol, goed gemanierd en dankbaar.”

’n Rooipen, vraestelle opstel en om verlof te vra is die tipe goed wat sy egter nie gaan mis nie!

Swemkaptein

Sy lig die skool se swemprestasies as hoogtepunte uit. “As swemkaptein destyds en later swemhoof, wou ek graag hê swem moes blom. Die swemspan het dit reggekry deur die National Aquatics Festival in 2016 en 2017 en sedert 2015 ook jaarliks die Interhoërgala te wen.”

Hoe swaar is dit om ’n plek te groet wat vir soveel jare deel van jou lewe was?

“Daar is ’n tyd vir alles, soos Spreuke sê. Ek dink ek kon dogters wat in my klas was, vlerke gee en motiveer! Dit is dus wonderlik as ek dogters sien wat suksesvolle beroepsvroue word of om net te kan sien hoe hulle blom in die veld waar hul geplant is. Dan weet ek ek het in my doel geslaag!”

Haar finale afskeidboodskap aan Oranje is: “Ek beaam juffrou Spies se woorde ‘Laat kinders hul eie menings vorm’. Probeer om kinders te verstaan, laat hulle droom, want die lewe lê nog voor.”

“Oranjeniete, lewe Oranje se waardes, koester vriendskappe en blom waar jy geplant word.”

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal